NG Gemeente Bfn-Noord
Welkom op die webtuiste van die NG Gemeente Bloemfontein-Noord. Ons is 'n gemeente met oop harte wat graag die liefde van Christus wil deel.
Mense is geneig om die lewe vanuit ‘n sekere perspektief te bekyk. Jy sit dus ‘n bril op en die vril is gevorm deur die wereld waarin jy groot geword het en hoe dit in jou oeurhuis was. As jy dus in ‘n huis groot geword het waarin die wereld as vyandig gesien is, is jy negatief ingestel en wantrou jy elke persoon en optrede. Jy skep dus situasies waar jy uiteindelik die gevoel van wantroue bevestig.
Jy leef dus die storie van wantroue. So is daar ander stories wat ook mense se lewe vorm. As jy gereeld in jou ouerhuis die boodskap gekery het dat daar baie kritiek teenoor mense uitegspreek is, leer jy om krities na ander te kyk en breek jy eerder mense af as wat jy hulle opbou. So is mense geneig om die seer van hulle ouerhuis ombewustelik...