Om heel te word!

rising-fuel-prices1Die petrolprys bly styg en ons kry ekonomies en geestelik swaar. Die lewe druk en my geliefkoosde opmerking is dikwels: “Ek leef nog!” Dit impliseer dat dinge nie altyd maklik is nie. In sulke tye  sien ek dikwels mense wat stoei met die gedagte van “om heel te word”. Ons verloor ons hanteringsmeganismes vir ‘n emosionele gesonde lewe. Dit bring my by die volgende:

  • In verandering en seer is dit belangrik dat jy en ek onsself kans gee om ons gevoelens met iemand te deel. Ervaar jou seer en oomblikke van teleurstelling en deel jou kwaad met iemand.
  • Kyk na nuwe moontlikhede en raak bewus daarvan dat sekere situasies eers afgesluit moet word, voordat jy ‘n nuwe begin kan maak. 
  • Vier jou mylpale in die lewe, die mooi geleenthede en dinge wat jy bereik het.
  • Wees bereid om hulp van iemand te aanvaar om jou doelwitte in die lewe te bereik en omring jouself met mense wat jou kan help om nuwe perspektiewe op situasies in die lewe te kry. Onthou positiewe mense bring positiewe moontlikhede in ander mense se lewens navore.
  • Leer jouself ken. Fokus op die dinge wat vir jou spesiaal is en wat jou gelukkig maak. Sit planne in plek om jou nader te bring aan jou persoonlike drome en ideale.

Want die spreekwoord is nogal waar: “’n Gesonde gee huisves ‘n gesonde liggaam!”

Stephan van Heerden