Donkies en karre!

donkies1210Lente tyd is ook die tyd van nuwe gedagtes en die soeke na nuwe maniere van doen. Ons wil graag gelukkig wees en die lewe geniet. Ons wil op reis gaan en nuwe horisonne ontdek. Dit het my laat dink aan die trop donkies wat ek so teen die heuwel net buite Bloemfontein sien stap het. Hulle het my gedagtes aanggegryp.

Ek het ore en bene gesien. Lag-lag het ek besef dat jy net ‘n donkie nodig het om ‘n karretjie te trek. Hy werk en trek waar mense lekker wil lewe onder die Vrystaatse son. Die donkie is daar om sommer net op te ry en die lewe te geniet. Jou kanse om te val is maar klein, want dikwels is hulle so halstarrig en stroom-op dat hulle net stil staan en nooit beweeg nie, al se jy ook wat! Skielik het my gedagtes teruggegryp na die tye op die plaas. Daar het die donkie gehelp met die draai van die meule. Hy het al in die rondte geloop, rustig en op sy gemak. Hy het dit geniet, want daar was nie veel inspanning nie. Hy kon loop en weer rus. Wanneer jy na hom kyk het die liedjie van Chris Blignaut in my gedagtes gedraai: “O, die donkie is ‘n wonderlike ding!” Die donkie het my laat lag en huil. Opgewonde het ek besef dat daar selfs in die donkie iets skuil van nuut-wees. Die groot vraag is: Op wat fokus ek en jy vandag? Nuwe gedagtes fokus nie op die dinge wat ons besit nie, maar die verskil wat ons kan maak in die samelewing. Die donkie het my weer die gewone laat sien! Wat sien jy?

Stephan van Heerden