Rosestad lewenswaarhede

klipkerk logo1. Advertensieborde en jou keuses.

Advertensieborde is deel van ons moderne lewe. By elke ingang van ons stad is daar borde wat ons keuses en visie beinvloed. Ons sien dit raak en neem besluite. Hierdie advertensie-borde het my ook aan die begrip visie herinner. Die droom waarvolgens jy leef, die gedagte wat betekenis gee aan jou lewe, wat jou laat opstaan om aan te gaan met jou lewe. Mense wat met ‘n droom of prentjie in hulle kop leef wat hulle volgende wil doen, leef met ‘n passie en is gemotiveerd om ‘n verskil te maak.

Hulle is gedrewe en glo dat hulle die regte ding doen. Hulle vermy nie verantwoordelikhede nie, gee nie die skuld vir ander as hulle keuses nie uitwerk nie. Selfs as hulle huidige omstandighede nie uitwerk nie, gee...

Lees verder: Rosestad lewenswaarhede

Seisoen van mens-wees!

seasonsOm opreg te wees!

Die moderne samelewing word hoofsaaklik gekenmerk deur ‘n vorm van indiwidualisme. Hierdie leefstyl bou hoe mure, deel min gevoelens en fokus op alles wat ek “myne” kan noem. Die taal word gekenmerk deur die woorde: “ek en myne”. Om opreg en getrou aan myself te wees, weeg baie minder as die “goed, geld en geboue”. Dit het my laat besef dat die klem so bietjie moet skuif van die buitekant na die binnekant van mens-wees.

Dit is om jouself te ken en jou positiewe karaktereienskappe met ander te deel. Jou glimlag en humor, jou omgee en vriendelikheid.

Dit is anders as om beterweterig heeltyd oplossings vir ander te probeer gee. Dit is om getrou aan jouself dit te deel wat eie is aan jou persoonlikheid. Dit is die hand...

Lees verder: Seisoen van mens-wees!

Deal or no deal

klipkerkDie afgelope tyd het ek  by verskeie geleenthede op die program Deal or no Deal  op die TVingeskakel. Dit is elke keer fassinerend om die deelnemers dop te hou en te besef dat hulle die speletjie speel met die gedagte dat hulle die 100 000 pond gaan wen. Hulle is vasgevang in die droom van skielik en baie vinnig geld maak. Hulle kyk na elke houer wat oopgemaak word en groot is die teleurstelling as die rooi houer ‘n  groterige  bedrag bevat en die bedrag word dan van die lys afgehaal as ‘n potensiele wentotaal.

Op die ou einde speel hulle tot die verskillende houers almal oopgemaak is. Elkeen op die program, sowel as die familie en vriende is opgewonde en teleurgesteld as dinge reg uitwerk of as die bedrag geld...

Lees verder: Deal or no deal

Om saam met ander te lag

2013-03-28 125214Om te lag is seker een van die mooiste oomblikke in ‘n mens se lewe. Reeds van jongs af leer kinders om te lag. Daar is in ‘n studie bevind dat kinders vanaf 17 dae na geboorte begin glimlag. Die mens het dus die vermoe om te lag en die lewe te geniet. Die aarde en alles daarop is vir ons gegee om ons gelukkig te maak. Ek sien dit in die oe van kinders en jongmense net voordat die groot-mens wereld hulle begin beheer. Die volgende het my laat besef dat ons elkeen die gawe het om te lag:

  • Ek en jy moet sensitief raak vir die mooi in mense se karakters, hulle idees, opgewondenheid en lag.
  • Ons moet mense se kreatiwiteit waardeer en aanmoedig.
  • Ons moet na mense se woorde, taalgebruik en mooi stories luister. Ek het veral in die Kaap...

Lees verder: Om saam met ander te lag