Die huwelik en egskeiding

marriage1502Die afgelope aantal jare het verskeie mense my in my spreekkamer kom sien met die seer van egskeiding of ‘n dreigende egskeiding. Dikwels was die krake in die huwelik van die begin af sigbaar, ander kere het dit alhoe slegter gegaan in die verhouding. Wat opvallend is, is dat die verhale van seer in huwelike nie geisoleerde stories is nie, maar die verhaal is van baie egpare.

Dit het my egter weer laat dink oor die redes vir die tendens.

‘n Rede kan moontlik wees dat ons nie behoorlik voorbereid is op die belangrike stap in ons lewe nie. Ons het soms die idée dat die huwelik ‘n besluit is wat op die ingewing van die oomblik geneem word.

Ons trou in die verliefdheids fase. Ons is so verlief dat ons nie besef dat my maat anders is nie...

Lees verder: Die huwelik en egskeiding

Om te vergewe!

forgivenessOns almal is soms skuldig aan opmerkings wat ons liefs nie moes maak teenoor iemand anders nie. Ons kies soms ons woorde verkeerd of ons doen iets wat iemand anders baie seer maak of die harnas injaag. In die lewe gaan dit dan nie oor die persoon wat iets gedoen het nie, maar eerder oor die manier waarop ek en jy op die woorde reageer.

Vergifnis is dan ook ‘n manier waarop ek en jy kan reageer op dit wat iemand gese of gedoen het. Vergifnis bly jou en my keuse.

Vergifnis en die manier waarop ek en jy mense vergewe is by elke mens verskillend, maar uiteindelik gaan dit daaroor dat jy self weer met jou lewe kan aangaan sonder bagasie of bitterheid. Vergifnis is ook ‘n optrede wat vir elke mense in verskillende tydsraamwerke plaasvind...

Lees verder: Om te vergewe!

Om Sepies te kyk!

soap-opera0402Ek lees die afgelope week ‘n artikel in die tydskrif Psychologies. Die artikel is gebasseer op die studie van ‘n Dr Dara Greenwood in Amerika en dit het die effek wat “soap operas” het op mense se lewe bestudeer. Onmiddelik het ek teruggedink aan die sepies wat ek so getrou gevolg het. Bold and Beautiful en Santa Barbara.. Dr Greenwood het gefokus op vroue wat gereeld sepies kyk se bestaande verhoudings en hulle bewondering van vroue karakters in die sepies. Die volgende was baie interresant:

  • Mense wat gereeld sepies kyk het ‘n voortdurende behoefte om deur hulle huweliksmaat of verhoudingsmaat verseker te word van hulle omgee en liefde.
  • Hulle het ook ‘n ideale prentjie begin vorm van hulle gunsteling karakters in die sepie en dit...

Lees verder: Om Sepies te kyk!

Dit is nie my fout nie!

probleem2501Wanneer die lewe soms snaakse draaie maak, is dit gerieflik om iemand anders of ‘n situasie die skuld te gee. Die oomblik wanneer ons egter selfverantwoordelikheid begin neem, is dit asof daar ‘n sware juk van ons skouers af val. ‘n Nuwe jaar met nuwe geleenthede vra dan ook ‘n bietjie dieper kyk na jouself. Die sleutel is om te besef dat jou en my gedrag en optrede en dit waarvoor ons verantwoordelikheid neem ons gevorm het vir die nuwe uitdagings in die lewe.

Foute en verkeerde keuses is deel van ons lewe, maar die belangrikste is dat ons daaruit sal leer en weer nuut sal dink om uiteindelik weer nuut te begin. Wat is die belangrikste faktore wat jy in gedagte moet hou vir die nuwe jaar?

  • Vind lewensgeluk in jouself en moenie staat...

Lees verder: Dit is nie my fout nie!