Wie beheer my lewe?

puppetsOns voel soms oorgelewer aan die nukke en grille van die lewe. Die uitdaging is om jouself so te leer ken dat jy sal besef wie jou lewe beheer. Mense wat altyd oorgelewer is en afhanklik is van ander se emosies en optrede vir goedkeuring vind dit moeilik om gelukkig te wees sonder die terugvoer van ander. Hulle neem dus nooit verantwoordelikheid vir hull eie geluk nie. Hulle blammeer ook ander vir foute en verkeerde keuses. Sukses bring weer die vrees dat hulle iewers hulle goeie geluk in die lewe gaan verloor en dan verval hulle maar weer in die ou patrone van ongelukkigheid met hulleself en omstandighede.

Daarbenewens is mense wat op hulleself fokus en verantwoordelikheid neem vir hulle eie optrede weer minder oorgelewer aan ander se...

Lees verder: Wie beheer my lewe?

Ek voel skuldig!

skuldgevoelernsDie nuwe jaar het begin en op een of ander wyse voel ouers en veral die ma’s soms skuldig oor die kinders wat na die vakansie by die huis in die sorg van iemand gelaat word. Die dagtaak roep en ons sukkel almal om met die een inkomste te oorleef. Ons het soms geen keuse nie en albei ouers moet werk. Hierdie “skuldig voel” is dikwels gevoelens wat ons vanuit ons ouerhuis en veral by ma aangeleer het. Hulle is ons rolmodelle en die skuldgevoelens leef vanuit die ouerskapstyl van ons ouers.

Skuldgevoelens by vroue lei veral daartoe dat hulle oorbeskermd raak en die kinders met geskenke en speelgoed bederf. Hierdie geskenke en speelgoed neem dan die plek in van die fisiese omgee en drukkie wat die kind soms mis. Dissipline raak agterwee en...

Lees verder: Ek voel skuldig!

Musiek.

musiek0911Naweke is dikwels musiektye in ons huis. Ons sluit aan by die kinders se musieksmaak deur te luister na Trace, Mtv en VH1. Sondae is die meer stemmige musiek met soms klassieke musiek en dan weer musiek uit my ouerhuis saam met ma en pa. Ek word herinner aan die bekende Springbokradio program, “Those were the days of Ek dink nog aan die dae”. Musiek is vir ons om deur die lens van ‘n teleskoop te kyk. Jy raak opgewonde en tog bring dit ‘n kalmte met gedagtes wat in die verlede die mooi begin vasvang.

Dit raak jou diepste wese aan en dikwels is die klank van ‘n klavier en orkes met die melodie van Andy Williams se musiek oomblikke waarin jy sommer ‘n klomp mooi emosies ervaar. Jy beleef die hartseer van verlange en by die ingewing van...

Lees verder: Musiek.

Die lewe is soms soos ‘n krieketwedstryd.

lbw0211Skoongeboul of been voor paaltjie uitgegee. Dit klink mos onregverdig is my eerste gedagte. So is die lewe ook deurspek met op die oog af onregverdighede. Swaar kry en stakings, ongelukke en hartseer. Soms voel jy en ek of die sutuasie net nie verander nie, Dit het my laat dink aan ‘n eendag krieketwedstryd. As kolwer in die wedstryd het jy nie beheer oor die boulaanval nie, maar jy bepaal wel jou reaksie en watter hou jy gaan speel.

Wat bepaal dus die kwaliteit van jou spel?

Die sinvolle gebruik van jou vryheid om keuses te maak. Koester die geleenthede in die lewe wat jy het om in vryheid te kan leef en te kan kies.

  • Fokus op jou unieke eienskappe en persoonlikheid. Ken jouself!
  • Kies jou beste reaksie op die bal wat geboul word...

Lees verder: Die lewe is soms soos ‘n krieketwedstryd.