Wie is jy?

person_and_question_markDie lewe kan soms beskryf word as 'n ontdekkingsreis. Dit gaan dus oor die ontdekking van jouself en jou doelwitte, sowel sa die ontdekking van ander mense wat jou pad kruis. Jy begin dus die reis reeds van jongs af. Jy ontdek jou liggaam, jou stem, jou oe en hande. Skielik sien jy jou voete en jy besef dat jy, alhoewel jy nog klein is, mense kan laat stilstaan as jy lekker hard skreeu of in die kerkgangetjie jou stem laat hoor. Mense neem kennis van die klein mensie in die stootwaentjie. Jy het 'n stem en 'n wil wat jy sommer orals laat geld en dit maak nie saak wat die tyd en die omstandighede is nie.

 

 

Jy het jou ligaam begin ontdek,  maar mettertyd wonder jy saam met al jou maats en jou familie wie jy nou eintlik...

Lees verder: Wie is jy?

Keuses beïnvloed jou lewe

keuses0203DIE afgelope week het ek twee baie insiggewende artikels in Volksblad gelees wat oor seks by tieners en jong volwassenes handel.

Ek het besef die artikels belig iets van waardes, maar ook die keuses wat mense en veral jong mense moet uitoefen. Die volgende riglyne het ek besef kan ouers en jong volwassenes help om die regte keuses te maak.

Bou 'n vertrouensverhouding met jou kinders en motiveer hulle om openlik hul vrae met jou te deel. Dit beteken ook dat jy nie moet veroordeel en altyd voorskriftelik wees nie, maar elke kind se uniekheid en keuses probeer verstaan.

Leer jou kind om "nee" te kan sê. Respek is ook om standpunt te kan inneem al is jy partykeer stroom-op ter wille van goeie waardes.

Leer jou kind dat sy/haar...

Lees verder: Keuses beïnvloed jou lewe