Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Om saam met ander te lag

2013-03-28 125214Om te lag is seker een van die mooiste oomblikke in ‘n mens se lewe. Reeds van jongs af leer kinders om te lag. Daar is in ‘n studie bevind dat kinders vanaf 17 dae na geboorte begin glimlag. Die mens het dus die vermoe om te lag en die lewe te geniet. Die aarde en alles daarop is vir ons gegee om ons gelukkig te maak. Ek sien dit in die oe van kinders en jongmense net voordat die groot-mens wereld hulle begin beheer. Die volgende het my laat besef dat ons elkeen die gawe het om te lag:

  • Ek en jy moet sensitief raak vir die mooi in mense se karakters, hulle idees, opgewondenheid en lag.
  • Ons moet mense se kreatiwiteit waardeer en aanmoedig.
  • Ons moet na mense se woorde, taalgebruik en mooi stories luister. Ek het veral in die Kaap...

Lees verder: Om saam met ander te lag

Wens ek kan gesond word!

heal-your-life2203Die lewe is deurspek met seer en hartseer. Doodgewoon het ons bewus geraak van die stukkendheid van verhoudings die afgelope tyd. Dood, verslaentheid kry soms die oorhand oor my eie gevoelens. Ek het begin wonder waar die antwoord dan lê. Louise Hay het ‘n boekie geskryf met die titel “You can heal your life.”In die boekie val die klem op die feit dat ek en jy deur die keuses in ons lewe beinvloed word.

Ons herhaal sekere familiepatrone en skep dieselfde stories in ons lewe. Ons leef uiteindelik onbewustelik dieselfde verhale weer oor en oor in ons kop en dan weer in ons alledaagse keuses. Ons kies na ‘n gebroke verhouding weer dieselfde prentjie van ‘n man en vrou en dan probeer ons sin maak deur die gedagte met ander te deel dat ons...

Lees verder: Wens ek kan gesond word!

Om bly te wees!

henri-nouwenEk lees die afgelope week die volgende woorde in ‘n boekie van Henry Nouwen. Hy skryf: “Jy kan nie bly wees en daarmee saam mense veroordeel nie.” Om Fees te vier beteken dus dat ek en jy mense aanvaar met hulle foute en mooi eienskappe. Ons kan dus bly wees oor die verskeidenheid  en die verskille tussen mense.

Elkeen van ons klee dus die lewe verskillend in en daarom kan ons saam met mekaar feesvier oor ons ryke verskeidenheid. Die sleutel vir goeie verhoudings is om mekaar te aanvaar en ruimte te skpe vir mense met verskillende standpunte en sieninge.

So bestaan elke verhouding en huwelik uit mense wat elkeen sy eie unieke stempel afdruk. Die wonderlike is om daarna te streef om mekaar se bril op te sit ten einde mekaar beter...

Lees verder: Om bly te wees!

Moeilike mense!

moeilike mense0103Moeilike mense is deel van jou en my lewe. Die een persoon is geirriteerd met die lewe en jy is die ontvanger van sy/haar frustrasie. Die ander persoon sien weer nooit die goeie in iemand raak nie. Sommige soek is sommer openlik aggressief. Die lewe is deurspek met persoonlikhede en met mense wat elkeen verskillend reageer op omstandighede. Die probleem is egter wanneer so ‘n persoon se styl mense so raak dat jy nie meer sinvol kan funksioneer in die verskillende verhoudings waarin jy staan nie.

Waar kom die style en reaksies vandaan?

  • Hierdie style en hanteringsmeganismes word dikwels van kleins af in die ouerhuis gevorm.
  • As jy bewus raak van jou eie reaksie op gebeure, probeer bietjie dieper delf in jou agtergrond en ouerhuis se...

Lees verder: Moeilike mense!