Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Die lewe is soms soos ‘n krieketwedstryd.

lbw0211Skoongeboul of been voor paaltjie uitgegee. Dit klink mos onregverdig is my eerste gedagte. So is die lewe ook deurspek met op die oog af onregverdighede. Swaar kry en stakings, ongelukke en hartseer. Soms voel jy en ek of die sutuasie net nie verander nie, Dit het my laat dink aan ‘n eendag krieketwedstryd. As kolwer in die wedstryd het jy nie beheer oor die boulaanval nie, maar jy bepaal wel jou reaksie en watter hou jy gaan speel.

Wat bepaal dus die kwaliteit van jou spel?

Die sinvolle gebruik van jou vryheid om keuses te maak. Koester die geleenthede in die lewe wat jy het om in vryheid te kan leef en te kan kies.

  • Fokus op jou unieke eienskappe en persoonlikheid. Ken jouself!
  • Kies jou beste reaksie op die bal wat geboul word...

Lees verder: Die lewe is soms soos ‘n krieketwedstryd.

Om mekaar te help!

memories2610

Die dood van bekende persoonlikhede in ons samelewing en die seer van misdaad is deel van ons alledaagse bestaan. Ons lees in die koerante van die seer van famlilies en wonder soms op watter wyse ons kan help. Ons voels soms of ons hande afgekap is en die volgende dag verander ons skuldgevoelens oor die hulp wat ons nie kan gee nie in ‘n ongewone traak- my-nie agtigheid. Die vraag is soms op ons almal se lippe; Hoe ons kan help en wat maak dat mense mekaar in moeilike omstandighede help en bystaan?

 

  • Die eerste beginsel, is dat mense se aandag op die nood in die samelewing gevestig moet word.
  • Die tweede is dat ‘n gemeenskap hulle bekommernis oor ‘n situasie moet opper. Mense is in die algemeen meer ingestel op seer en nood as...

Lees verder: Om mekaar te help!

Sielsgeluk en dertig jaar!

2012-10-19 124118Die kenmerk van die lewe is dikwels herinneringsoomblikke en mylpale. Dit is tye waarin ons terugkyk in die verlede en die mooi oomblikke waardeer. Die seer tye word ook weer groei-oomblikke. Ek lees die volgende woorde in ‘n digbundel van Shelley: ‘ There’s music in all things if men had ears.” Onmiddelik het die woorde my bewus gemaak van die musikale oomblikke in ons lewe. Verjaarsdae en tye wat verbygaan, mooi herinneringe en verandering. Vir sommige is die klanke soms dof, ander weer ervaar sielsgeluk met die viering van elke mylpaal.

Elke jaar word ‘n ervaring en 30 jaar is mooi tye van foto’s en woorde. Elke woord en berig vorm aan ons lewe en hierdie oomblikke van sielsgeluk bring verrassings en nuwe geleenthede. Ons kyk terug...

Lees verder: Sielsgeluk en dertig jaar!

Donkies en karre!

donkies1210Lente tyd is ook die tyd van nuwe gedagtes en die soeke na nuwe maniere van doen. Ons wil graag gelukkig wees en die lewe geniet. Ons wil op reis gaan en nuwe horisonne ontdek. Dit het my laat dink aan die trop donkies wat ek so teen die heuwel net buite Bloemfontein sien stap het. Hulle het my gedagtes aanggegryp.

Ek het ore en bene gesien. Lag-lag het ek besef dat jy net ‘n donkie nodig het om ‘n karretjie te trek. Hy werk en trek waar mense lekker wil lewe onder die Vrystaatse son. Die donkie is daar om sommer net op te ry en die lewe te geniet. Jou kanse om te val is maar klein, want dikwels is hulle so halstarrig en stroom-op dat hulle net stil staan en nooit beweeg nie, al se jy ook wat! Skielik het my gedagtes teruggegryp na die...

Lees verder: Donkies en karre!

Gesegdes uit Spreuke

Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program