Om in die oomblik te leef!

vandag0308Die lewe kan beskryf word met die woorde verlede, hede en toekoms. Dit beteken uiteindelik dat ons in die tyd en saam met die tyd leef. Ons lewe word dus in ‘n tydsraamwerk beskryf. Die vrede wat ons in ons gemoed beleef word grootliks bepaal deur ons vermoë om in die hede te leef. Dit is om uit jou optrede in die verlede te leer en die nuwe insigte nou toe te pas, sonder om nou weer oor die toekoms bekommerd te wees.

Die huidige is die tyd waarin ek en jy leef. Ons is soms so vasgevang in die verlede dat ons nie meer in die hede leef nie. Ons is bekommerd oor die toekoms en vrees oorheers ons besluite en alledaagse bestaan. Dit maak ons depressief, moedeloos en gefrustreerd. Die ander kant is ook waar dat ‘n lewe wat te veel in die...

Lees verder: Om in die oomblik te leef!

Hoe om die woordjie “:jammer” te sê?

sorrowful2707In die vorige artikel het ek stilgestaan by die woorde “ek is jammer”. Hierdie week wil ek so klein bietjie verder daarby stilstaan en ‘n paar gedagtes deel wat jy prakties kan gaan toepas:

- Wees spesifiek met jou verskoning en beskryf die optrede en woorde waarmee jy iemand seergemaak het. So byvoorbeeld: “ Ek is jammer dat ek laat was vir die ete-afspraak en jou nie eers laat weet het nie.”

- Gee erkening aan die ander persoon se gevoelens en moet dit nie afmaak as “ag, dit was nou nie so erg nie!” Die volgende kan jou hiermee help: “Ek verstaan dat jy bekommerd was en dat my optrede jou seer gemaak het.”

- Neem verantwoordelikheid vir jou optrede. “Ek verstaan dat die feit dat ek jou geignoreer het, jou gevoelens kon...

Lees verder: Hoe om die woordjie “:jammer” te sê?

“Ek is jammer!”

sorrowful2707Die woorde “ek is jammer” is dikwels woorde wat maklik met ander gedeel word, maar soms twyfel ‘n mens in die opregtheid daarvan.  Die wereld en in die besonder ek en jy het ‘n aangebore voorgevoel vir regverdigheid. Ons streef daarna om mense regverdig te behandel. Die woord regverdigheid het egter weer sy eie konteks en betekenis vir elke persoon. Tog, is ons almal opsoek na menswaardige hantering en ons wil graag ons lewe vul met mense wat bereid is om die tweede myl met ons te stap.

In die proses motiveer ons ander en onsself om ons gedrag voortdurend te beoordeel en verskoning te maak waar ons dink en ervaar dat ons iemand anders met ons woorde en optrede benadeel het. Hier speel die woorde “ek is jammer” ‘n besondere rol en...

Lees verder: “Ek is jammer!”

Om te speel met woorde.

woorde1507Woorde vorm aan jou en my lewe. Dit maak sinne en vertel stories. Dit deel geheime en mooi verhale. Dit breek af en maak seer. Woorde is deel van ons menswees en help ons om onsself en ander te verstaan. Dit deel prentjies en voorkeure. Dit bou mens op en soms maak dit so seer dat woorde die seer nie kan beskryf nie. Woorde vorm klanke en gee betekenis aan papier.

Dit bring ‘n lag om jou mondhoeke en hartseer in jou oe. Die reuk van boeke gevul met woorde maak die besoek aan die biblioteek kosbaar. Elke boek vertel ‘n storie, ‘n verhaal van sy eie. Jy lees die stories in boeke en sien die prentjies van bome en wind wat waai. Dit bring lewe in doodse verhale en tel jou op vanuit die negatiewe van menswees. Jy ontdek jouself en hoor...

Lees verder: Om te speel met woorde.