Om kos te geniet.

geurigeKos0907Die geur van kos vul veral elke sondagmiddag ons huis. Dit is gewoonlik kookkos, vleis, rys aartappels en groente. Sondagmiddag is almal by die huis gereed om die lekker kos van my vrou aan te durf. Dit is egter nie net die kosreuk wat ons honger maak nie, maar elke ete is gevul met herinneringe.Ons lag en gesels, deel ons week se pyne en mooi momente. Ons kyk mekaar in die oe en begin onbewustelik voorberei vir die week. Hierdie saam-eet geleenthede verander ons gemoedstemming van negatiewe denke na positiewe keuses en momente.

Ons deel met mekaar lewenswaarhede, dink aan die verlede en help mekaar beplan aan die eise van nuwe week. Ons lag vir mekaar en met mekaar, deel grappies en verhale. Die dag word gevul met omgee en die reuk...

Lees verder: Om kos te geniet.

Kyk ons nog na die sterre?

sterre1806Dit is vroegaand en die koue van die Vrystaat sny so bietjie deur murg en been. Die winter is in al sy glorie aan die gang en ek wonder watter voordele die winter dan inhou vir jou en my. Skielik vang my oog die sterrehemel. Die sterre skitter helder en skielik sien ons as gesin die verskillende sterre soos wat dit die nag verlig. Die maan natuurlik en die sterre die naaste aan ons fassineer die hele gesin. Jy besef die grootte van die skepping en die klein spikkeltjie van mens-wees. Sommige sterre is met die blote oog sigbaar, ander weer moet jy die teleskoop uithaal.

Die lig van die sterre verlig die nag en in my gedagtes sien ek die nagwag in die hemelruim. Hulle bewaak en gee lig, hulle vertel die storie van ‘n nuwe dag en nag en...

Lees verder: Kyk ons nog na die sterre?

Om stil te word!

silence1106Die lewe word gekenmerk deur besluite, vinnig leef en baie geraas. Daar is min stiltes in die lewe te vinde. Tog het die woord stilte vir baie mense betekenis. Dit kan beskryf word as oomblikke van geen klank of woorde. Soms beteken dit geheime en min woorde. Die woord het egter ook ‘n geestelike betekenis.

Dit kan beskryf word as stil-word oomblikke met net jou eie gedagtes.

Persone wat gelukkig is, word ook soms beskryf as mense wat die stilte van die lewe waardeer. Die vroee oggend-ure is dikwels die stil oomblikke. Die ligte in die straat skyn nog helder en die koue van die winter pluk so aan jou lyf. Tog is daar min geraas en min woorde. Dit is asof die stilte jou wil oorweldig en tegelykertyd bring dit rustigheid en kalmte. Die...

Lees verder: Om stil te word!

Hoe sien jy jouself en ander ?

060612 copyMenswaardigheid en respek is van die meer modern begrippe waarmee ons onsself in gesprekke besig hou. Ons praat en filosofeer daaroor. Dit sluit nogal nou aan by die waarde-oordeel wat ek en jy oor ander uitspreek. Hierdie menswaardigheid gaan dus oor hoe jy jouself en ander sien! Dit word nogal mooi beskryf in die woord “prentjie.” Dit is dus die manier waarop jy na ander kyk en ook die oog op jouself laat val.

Dit is dus ‘n “waarde” oog en jy hanteer hulle op soorgelyke wyse en groei in jou vrygewigheid, omgee en opoffering. So byvoorbeeld getuig jou keuses en waardering van die kuns en die kunsvorm iets van jou respek vir ander en vir jouself. Daarmee saam ook die styl waarin jy kuns bedryf, vertel iets van jou prentjie van respek...

Lees verder: Hoe sien jy jouself en ander ?