Geskenke

geskenke2805In die helfte van die jaar is my gedagtes alweer by gekenke tyd. ‘n Mens sou kon redeneer dat die tyd vir geskenke nog ver in die toekoms lê. Tog het ek teruggedink aan die tye waar geskenke ‘n belangrike rol gespeel het in ons gesin en familie. Daar is altyd twee persone betrokke by die gee van geskenke. Die een wat die geskenk gee en die een wat dit ontvang. Die gee van gekenke is belangrik in families, want dit simboliseer omgee en liefde, veral vir diegene wat volgens Gary Chapman die taal van geskenke as liefdestaal leef.

Hy onderskei vyf maniere waarop mense liefde deel in verhoudings, waarvan geskenke as een van die tale uitgesonder word. Geskenke gaan ook oor reaksie en keuses. Met die gee van geskenke gaan dit oor die reaksie...

Lees verder: Geskenke

Die swak skakel-of nie?

link2205“You’re the weakest link, goodbye!” Almal van ons onthou die woorde van een van die bekendste televisieprogramme die afgelope aantal jare. Skielik is die boodskap, jy is nie goed genoeg nie en met ‘n ferm stem word jy die deur gewys. Gevoelens van hartseer en ontnugtering vul jou gedagtes, want dit klink soos die wereld hier rondom ons. Jy is nie deur na die volgende rondte nie.

Jy is nie fiks genoeg nie. Jy hoor jy het dit nie gemaak nie en vir die soveelste keer word gewone verskonings gebruik wat eintlik nikseggend is. Deur dit alles onthou jy die wereld van Susan Boyle. Sy was gewoon en is net op eerste indrukke al afgeskryf. Totdat sy begin sing en die hele wereld is aan haar voete. Gewoon en tog besonders. Die verhaal van Susan...

Lees verder: Die swak skakel-of nie?

Emosie-slim

university1405Ek lees die volgende verhaal:

Piet het baie goed op skool gedoen in sy akademie. Na skool het sy punte op universiteit drasties verswak. Hy het gesukkel om vriende te maak en dit het akademies ook nie goed gegaan nie. Na verskeie probeerslae het hy sy studies opgeskop. Die groot vraag was: Wat het in Piet se lewe gebeur?

Navorsing het bewys dat die oorbeklemtoning van intelligensie dikwels die gevolge het dat mense bang raak vir uitdagings en sukkel om swakker punte te probeer verbeter.

Die sleutel is om jou kind ‘n realistiese siening van sy/haar prentjie van gawes te gee. Mense moet in die algemeen verstaan dat alles nie in die lewe altyd maklik gaan wees nie. Daar is soms besluite wat geneem word wat ons nie verstaan nie, maar dit...

Lees verder: Emosie-slim

Wie is die beste?

compete0605Party mense se lewe is ‘n voltydse kompetisie. In die verkeer moet hulle eerste by die volgende verkeerslig stilhou. In enige ry moet hulle voor staan. In elke eksamen moet hulle onder die top tien eindig. Elke gesprek is vir hulle ‘n geleentheid tot debat wat ten alle koste gewen moet word. As iemand iets beter as hulle doen, dan word hulle grasgroen van jaloesie.

Maar as hulle aan die wenkant is, dan loop hulle oor van hulleself. Dikwels gebeur sulke kompetisies openlik, ander kere gebeur dit agter die skerms. Tog weet jy altyd as kompeteerders jou uitgekies het as hulle nuutste teiken. Hulle wil gedurig weet hoe jyself “presteer.”
‘n Lewe van kompetisie vertel dikwels ‘n storie. Dit is die punt van die ysberg. Wat is die onderbou...

Lees verder: Wie is die beste?