Die rooi skoen.

rooiskoenIn een van my oomblikke op die internet het ek die foto van ‘n rooi skoen, eensaam en verlate langs ‘n pad opgespoor. Onwillekeuring het my gedagtes ‘n klompie draaie begin maak en ek het vrae gevra oor die herkoms en agtergrond van die skoen. In die eerste plek was dit ‘n vroue skoen en ek het gewonder wat van die vrou geword het.

My gedagtes het vlamgevat met vrae soos: “Wat was die omstandighede waarin die vrou haar skoen verloor het? Hoekom het sy dit daar gelos? Is sy oraait?” Op een of ander manier was die verhaal van die rooi skoen, onvoltooid en onopgelos. Die enigste gevolgtrekking wat ek daaruit kon maak, was dat elke prentjie in die lewe altyd ‘n eie storie vertel. Nie een storie klink dieselfde nie. Sommige stories is...

Lees verder: Die rooi skoen.

Prentjies en woorde.

words2304Prentjies en woorde beskryf dikwels die verhoudings waarin ons onsself bevind. Ons leef met die prentjie van geluk soos wat ons dit in ons primere verhoudings gesien het. Ons sien vir pa en ma in hulle huwelik en beleef hulle optrede teenoor mekaar.

Die prentjies van geluk en ongeluk word ons prentjies en stadig maar seker begin ons die bekende prentjies wat ons veilig laat voel in ons verhoudings herhaal.

Ons vra nie vrae nie en betwyfel nie ons optredes in verhoudings totdat ons een dag bewus raak daarvan dat die verhouding net nie meer werk nie. In die proses kritiseer ons mekaar en raak negatief, omdat mense net nie verstaan wat aan die gang is in hulle verhoudings nie. Lindy Robertson van Kaapstad beskryf die proses as volg: “...

Lees verder: Prentjies en woorde.

Watter gesig het ek op?

faces1404John Powell het ‘n boekie geskryf met die titel: “Why Am I afraid to tell you who I am?” Die woorde van die boekie het my laat dink aan die maskers wat ons soms in die lewe dra. Hierdie maskers kan soms ons lewe beheer en mettertyd het ek besef dat daar verklarings is wat agter die maskers skuil.

  • Maskers beskerm ons teen die vrees vir verwerping. Sommige is oorvriendelik, maar in onbewaakte oomblikke sien jy die ongeduld skuil. Ander weer leef deur hulle titel en beroep. So ‘n persoon het sy lewe en persoonlikheid net begin bou op die rol wat hy in die samelewing speel. Die manier waarop hulle woorde uitspreek, die styl waarin hulle omgee is net gekoppel aan die beroep wat hulle beklee en tussendeur het hulle hulleself...

Lees verder: Watter gesig het ek op?

Emosies

emosies1004Ons lewe word dikwels met die woord “emosies” beskryf. In die samelewing is die opmerking soms: “Moenie so emosioneel raak nie!” In sommige gevalle hoor ek die stem van ‘n kunsonderwyser wat weer van mening is dat ons nie ons gevoelens moet inhou nie, maar daarvan ontslae moet raak.

Daar is vier belangrike emosies ter sprake:

  • Vrees. Hierdie gevoel is gekoppel aan bedreigings. Die sleutel is om seker te maak of die vrees in jou gedagtes leef en of jou lewe werklik bedreig word. Bekommernis en vrees leef soms net in jou eie gedagtes, maar dit beheer jou lewe. Die uitdaging is om vrees in jou gedagtewereld te konfronteer met die werklikheid.
  • Hartseer. Gevoelens van hartseer is gekoppel aan iets of iemand wat nie meer deel van jou lewe...

Lees verder: Emosies