Gebroke huise

family_photoDie seerste seer is dikwels die stukkendheid van verhoudings. Ek het as kind iets van dit beleef. Die grootste gemis was dikwels die gesinstye. My agtergrond het ook by verskeie geleenthede 'n broosheid oor my gebring. Ek het soms verkeerde keuses gemaak en met stampe en stote probeer om verhoudings te bou. Na al die jare het ek die boustene aangeleer om liefde te gee en liefde te wys veral teenoor hulle wat na aan my geleef het. Ek het iets beleef van gesond word en alhoewel ek nog steeds stammelend en stotterend aan verhoudings bou, het ek iets van genade beleef.

 

Ek het die volgende oor baie jare besef:

  • Investeer in jou verhoudings en kry hulp as jy daarmee sukkel. Loop 'n pad saam met jou pasmaat en glo dat daar in elke mens iets goeds is.
  • Fokus op die probleem in die verhouding en skei die probleem en die persoon van mekaar. Konsentreer op die saak as daar verskille is tussen julle twee.
  • Probeer in rustige waters besluite neem, want wanneer jy rustigheid beleef lyk die verskille en die probleem dikwels heeltemal anders.
  • Ken jouself en probeer jou eie identiteit in 'n verhouding behou. Stel grense en wees versigtig dat jy jouself nie in die verhouding verloor nie. Vra altyd die vraag: "Wie is ek nog?"
  • Maak 'n keuse en moenie in afbrekende verhoudings bly nie, net omdat jy glo dat jou kinders en mense dit van jou verwag nie. Die huwelik is belangrik, maar as persoon is dit belangrik dat jy jouself nie verloor nie. Jy is spesiaal en wees versigtig dat jy nie in 'n destruktiewe verhouding bly en op die ou einde jouself heeltemal verloor nie!

Gesegdes uit Spreuke

Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program