Wat sien jy?

Mense is geneig om die lewe vanuit ‘n sekere perspektief te bekyk. Jy sit dus ‘n bril op en die vril is gevorm deur die wereld waarin jy groot geword het en hoe dit in jou oeurhuis was. As jy dus in ‘n huis groot geword het waarin die wereld as vyandig gesien is, is jy negatief ingestel en wantrou jy elke persoon en optrede. Jy skep dus situasies waar jy uiteindelik die gevoel van wantroue bevestig.

Jy leef dus die storie van wantroue. So is daar ander stories wat ook mense se lewe vorm. As jy gereeld in jou ouerhuis die boodskap gekery het dat daar baie kritiek teenoor mense uitegspreek is, leer jy om krities na ander te kyk en breek jy eerder mense af as wat jy hulle opbou. So is mense geneig om die seer van hulle ouerhuis ombewustelik...

Lees verder: Wat sien jy?

‘n Nuwe gemoed!

Daar is by ons almal die behoefte om voortdurend te vernuwe en anders te dink oor die lewe en situasies. So beleef ons kritiek en die hardhead van mense se optrede en on sweet dikwels nie wat om daarmee te maak nie. In die tagtigerjare was daar ‘n TV program met die die naam Columbo.

Sommige van ons sal dit dalk nog onthou. Die hoofspeler was ‘n man met die naam Peter Falck. In die die verhaal het ek ‘n ongelooflike waarheid gesnap- Die konsep van vraagstelling. Columbo was ‘n meester met die stel van vrae om uiteindelik die moord of misdaad op te los. Hy het die tegniek vervolmaak van sogenaamde onnosel vrae veral net so voor hy uit die kamer uitgaan. Onnosel in die sin, dat hy homself onnosel gehou het en uiteindelik het hy die antwoord...

Lees verder: ‘n Nuwe gemoed!

Die familie-foto’s

Ons is baie lief daarvoor om die familie-foto’s in die gang van ons huis op te hang. Dit is so herinneringstog die verlede in. Ek sien die oupas en oumas, die broers en susters. Ek dink terug aan goeie ou dae en verlang na die omgee van familie. ‘n Omgee sonder pretensies en voorgee.

‘n Omgee wanneer een van die klein kinders trou sonder voorwaardes. ‘n Omgee as die een presteer en die geleentheid wat mense vir mekaar gee om saam bly te wees met die een wat presteer. Familie-foto’s vertel ‘n storie. Foto’s is ‘n onuitputlike bron van inligting en herinneringe. Dalk kan die volgende vrae jou op die tog van herinnering help! Hoe lyk jou familie-foto’s? Wie is die meeste afgeneem? Is daar iemand wat nie gereeld op die foto is nie? Watter...

Lees verder: Die familie-foto’s

Om iets te skryf!

Die tyd waarin ons leef is ‘n tyd waarin pen en papier nie meer ons lewe oorheers nie. In vandag se tyd is ‘n rekenaar en sleutelbord, ‘n selfoon, “blogs” en facebook inskrywings Op een of ander manier het ons die behoefte om met woorde sin te maak van ons lewe net so bietjie na die tegnologie geskuif, maar ons wil graag woorde en gedagtes sien leef. Om iets te skryf behels ons hele wese. D

ie sleutelbord en selfoon, die pen en papier word ‘n verlengstuk van jou en my bestaan. Ons skryf nie net nie, maar in die woorde leef ons emosies en gedagtes. Dit is ‘n deel van jou lewe wat jy met ander deel. Selfs in die nota en kaartjie wat jy skryf, die rekening en die afkondigings by die werk. So is dit ook belangrik om jou diepste gevoelens soms...

Lees verder: Om iets te skryf!

Gesegdes uit Spreuke

Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program