Om Sepies te kyk!

soap-opera0402Ek lees die afgelope week ‘n artikel in die tydskrif Psychologies. Die artikel is gebasseer op die studie van ‘n Dr Dara Greenwood in Amerika en dit het die effek wat “soap operas” het op mense se lewe bestudeer. Onmiddelik het ek teruggedink aan die sepies wat ek so getrou gevolg het. Bold and Beautiful en Santa Barbara.. Dr Greenwood het gefokus op vroue wat gereeld sepies kyk se bestaande verhoudings en hulle bewondering van vroue karakters in die sepies. Die volgende was baie interresant:

  • Mense wat gereeld sepies kyk het ‘n voortdurende behoefte om deur hulle huweliksmaat of verhoudingsmaat verseker te word van hulle omgee en liefde.
  • Hulle het ook ‘n ideale prentjie begin vorm van hulle gunsteling karakters in die sepie en dit het ‘n soort van ‘n obsessie met die karakters geword.
  • Persone wat eienskappe getoon het van ‘n meer afhanklike persoonlikheid (dws ek het voortdurend iets of iemand nodig om betekenis te gee aan my lewe),  het op die karakters gefokus en ‘n groter behoefte gehad na aanvaarding binne verhoudings. Daar was voortdurend vrae soos - “word ek aanvaar of nie?” en dit het so ‘n persoon se lewe oorheers.
  • Die teenoorgestelde het egter in Indie ontstaan deurdat mense wat blootgestel was aan TV en veral die Indiese sepies, hulle uiteindelik sterk uitgespreek het teen geweld veral teen vroue. Die sepies in die land het vrouens bemagtig en hulle gehelp om hulle waarde sisteem te beoordeel..

Wat ookal die bevindinge is, ek het besef dat 7 de Laan, Bold and Beautiful, Scandal en Binnelanders en al die ander sepies dalk iewers op ‘n manier ‘n samelewing vorm. Die volgende stelling het my egter weer laat dink- “jy en ek gee  betekenis aan alles wat ons pad kruis”!

Stephan van Heerden