Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Wens ek kan gesond word!

heal-your-life2203Die lewe is deurspek met seer en hartseer. Doodgewoon het ons bewus geraak van die stukkendheid van verhoudings die afgelope tyd. Dood, verslaentheid kry soms die oorhand oor my eie gevoelens. Ek het begin wonder waar die antwoord dan lê. Louise Hay het ‘n boekie geskryf met die titel “You can heal your life.”In die boekie val die klem op die feit dat ek en jy deur die keuses in ons lewe beinvloed word.

Ons herhaal sekere familiepatrone en skep dieselfde stories in ons lewe. Ons leef uiteindelik onbewustelik dieselfde verhale weer oor en oor in ons kop en dan weer in ons alledaagse keuses. Ons kies na ‘n gebroke verhouding weer dieselfde prentjie van ‘n man en vrou en dan probeer ons sin maak deur die gedagte met ander te deel dat ons nou die teenoorgestelde geskies het. Ons bly eenvoudig net reaktief leef en herhaal patrone en keuses in die lewe. Ons denke word ons werklikhede en ons neem dan min verantwoordelikheid vir ons eie optrede en keuses. Dit is altyd die ander een se fout. Tog is daar ‘n antwoord op al die stukkendheid.

  • Die lewe is eintlik so eenvoudig: wat jy uitgee, is wat jy ontvang.
  • Wat jy ookal dink en voel vandag, vorm aan jou toekoms.
  • As jy bereid is om die negatiewe patrone in jou lewe te identifiseer en te vervang met positiewe gedagtes en patrone, kan jy gesond word.

Onthou altyd, jou en my toekoms is ons hande. As jy jouself verstaan en die negatiewe stories van jou lewe omsit in positiewe verhale, is daar ‘n toekoms vir jou en my in ons land.

Stephan van Heerden