Om saam met ander te lag

2013-03-28 125214Om te lag is seker een van die mooiste oomblikke in ‘n mens se lewe. Reeds van jongs af leer kinders om te lag. Daar is in ‘n studie bevind dat kinders vanaf 17 dae na geboorte begin glimlag. Die mens het dus die vermoe om te lag en die lewe te geniet. Die aarde en alles daarop is vir ons gegee om ons gelukkig te maak. Ek sien dit in die oe van kinders en jongmense net voordat die groot-mens wereld hulle begin beheer. Die volgende het my laat besef dat ons elkeen die gawe het om te lag:

  • Ek en jy moet sensitief raak vir die mooi in mense se karakters, hulle idees, opgewondenheid en lag.
  • Ons moet mense se kreatiwiteit waardeer en aanmoedig.
  • Ons moet na mense se woorde, taalgebruik en mooi stories luister. Ek het veral in die Kaap bewus geraak van die humor in taal. Die glimlag sonder bo tande, die raakvat stories en die aansteeklike humor van die Bo-Kaap.
  • Waardeer weer humor in situasies, luister weer met aandag na mekaar, luister na musiek, kinders wat lag en die voeltjies se gekwetter in die bome in die voortuin.
  • Ruik weer die reuk van die grond na die reen en die blomme in die voorportaal van die plaaslike winkelsentrum.
  • Proe en geniet weer die lewe, want dan kan jy saam met ander lag selfs oor die gewone van die lewe!

Stephan van Heerden

Gesegdes uit Spreuke

Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program