Deal or no deal

klipkerkDie afgelope tyd het ek  by verskeie geleenthede op die program Deal or no Deal  op die TVingeskakel. Dit is elke keer fassinerend om die deelnemers dop te hou en te besef dat hulle die speletjie speel met die gedagte dat hulle die 100 000 pond gaan wen. Hulle is vasgevang in die droom van skielik en baie vinnig geld maak. Hulle kyk na elke houer wat oopgemaak word en groot is die teleurstelling as die rooi houer ‘n  groterige  bedrag bevat en die bedrag word dan van die lys afgehaal as ‘n potensiele wentotaal.

Op die ou einde speel hulle tot die verskillende houers almal oopgemaak is. Elkeen op die program, sowel as die familie en vriende is opgewonde en teleurgesteld as dinge reg uitwerk of as die bedrag geld minder gemaak word. 

Hulle speel met die oortuiging dat hulle gaan wen. Die oortuiging verander egter nie die werklikheid nie. Net so is dit met jou en my. Mense se mening oor jou verander nie aan jou ware self nie. Dit wat jy van jouself dink en hoe jy die gedagtes uitleef is dus nie gekoppel aan ander se oortuiging en menings van jou nie. As iemand dus die mening huldig dat jy nie goed genoeg is nie, kan jy dit jou eie maak en dan tree jy so op, of jy kan dit as ‘n mening sien wat nie noodwendig die waarheid is nie. Jou siening van jouself word dus nie deur ander bepaal nie, maar deur jou eie gedagtes en werklikheid. Jy kan dus besluit: “Deal or no Deal” as dit kom by negatiewe gedagtes, menings en oortuigings wat jou raak. Wat kies jy vandag?

Stephan van Heerden

Gesegdes uit Spreuke

Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program