Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Om te verdwaal

In die meeste inkopiesentrums in ons wereld is daar die beste uitvindsel ooit. Dit is gewoonlik so op strategiese plekke in die senstrum end it is ‘n rekenaarskerm met die kaart van die sentrum. Al die winkels is daar op aangedui met ook die ingang en uitgang. Die punt waar die kaart opgerig is, word aangedui met die woorde: “you are here”. Dit is veral van hulp waar jy agterkom dat jy verdwaal of jy soek ‘n spesifieke plek. Die beginsel is: “We need to know where we are now. And in order to know where we are now, we need to know where we have come from.” Dit is om jou verlede te verstaan en terug te kyk. Die oomblik as jy dit doen, begin die lewe en jou optrede nou vir jou en my sin maak. Jy verdwaal dan nie sommer in die dinge wat jy nie eers van bewus is in jou lewe. Jy raak bewus van jou diepste gevoelens, jou reaksies en optrede. Jou kwesbaarheid in sekere situasies en jou seerplekke wat net-net begin roofies vorm het. Jy raak gesond soos wat jy terugkyk. Jy sien die pad en verdwaal nie vining weer nie.