Om mekaar te hoor en te verstaan!

In my spreekkamer hoor ek dikwels die woorde, die mense naby aan my verstaan my nie, hulle hoor my nie reg nie. Het jy al ook so gevoel? Dit is so moedeloosheid, mense se skouers hang sommer as hulle van hulle verhoudings begin praat. Ons leef in ‘n wereld wat ons almal soms by mekaar verby leef.

Ons trou en aanvaar alles gaan altyd voor die wind. Ons is verlief voor ons trou en wil die verliefdheid laat voortduur en verloor later sommer moed as ons die ervaring kry dat my lewensmaat my nie meer hoor nie. Ek deel vandag met jou die ongelooflike mooi beginseal van validering. Dit is die tegniek van terugspieel, dit wat jy hoor en dit wat jy by die ander persoon sien. Woorde soos: “ek het jou lippe sien bewe toe jy met my gepraat het”, “ek hoor jou stem bewe”, “ek sien jou skouers wat hang”, “jou vuiste wat op mekaar geklem is”. Ek sien hoe seer jy het en wat die dinge in jou verlede aan jou gedoen het.

Jy spieel terug dit wat jy beleef. Uiteindelik help jy mekaar om mekaar se gevoelens te verstaan en te luister na die ander een se diepste binneste. Is dit nie die sleutel van kommunikasie nie? Om na mekaar te luister en mekaar te verstaan, daar diep in jou binneste iets te ervaar dat iemand werklik vir my gevoelens omgee en my ervaringe na waarde ag

Gesegdes uit Spreuke

'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program