Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Om iets te skryf!

Die tyd waarin ons leef is ‘n tyd waarin pen en papier nie meer ons lewe oorheers nie. In vandag se tyd is ‘n rekenaar en sleutelbord, ‘n selfoon, “blogs” en facebook inskrywings Op een of ander manier het ons die behoefte om met woorde sin te maak van ons lewe net so bietjie na die tegnologie geskuif, maar ons wil graag woorde en gedagtes sien leef. Om iets te skryf behels ons hele wese. D

ie sleutelbord en selfoon, die pen en papier word ‘n verlengstuk van jou en my bestaan. Ons skryf nie net nie, maar in die woorde leef ons emosies en gedagtes. Dit is ‘n deel van jou lewe wat jy met ander deel. Selfs in die nota en kaartjie wat jy skryf, die rekening en die afkondigings by die werk. So is dit ook belangrik om jou diepste gevoelens soms op papier neer te pen of te sleutel. Die detail is nogal belangrik, want dit word ‘n sensoriese aksie- die woorde vertel ‘n storie van dit wat jy voel, dit wat jy hoor, wat jy sien, beleef, ruik en wat jou aangeraak het. Dit roep gevoelens op van jou verlede, dalk jou beste dag of jou slegste ervaring by die werk.

Soms is dit nodig dat ek en jy oor ervaringe skryf, kuiers en behoeftes, seer en stukkendheid, harsteer en mooi oomblikke. Dalk moet ons bietjie ons kind-wees weer beleef en die verhaal van ons groot-word skryf. So skryf Carolyn Foster: “as you bring the memory back through writing you will be better equipped to heal it of some of its sting.” Dit is die uitdaging vir jou en my!