Nederigheid

 Nederigheid

Nederigheid is die teenoorgestelde van om jouself af te breek en ‘n lae eiewaarde te hê. Nederigheid en innerlike vrede loop han aanhand. Hoe minder jy jouself wil bewys, hoe meer vrede beleef jy. Dit is gewoonlik die slaggat waarin ons almal iwers op een of ander wyse trap. Dit vra ongelooflik baie energie om voortdurend jou positiewe eienskappe onder mense se aandag te bring. Hoe meer jy jouself wil bewys, hoe meer gaan jy op die kantlyn geskuif word. Dit is die effek van die spel wat ek en jy soms speel. Dit is juis die stil, gemaklike selfversekerde persoon wat ander mense aantrek en ‘n nederigheid bring in verhoudings. Hierdie nederigheid moet geoefen word en kan met tyd deel vorm van jou en my lewe. Dit vra egter...

Lees verder: Nederigheid

Om verder te kan sien, my kind!

sunOm verder te kan sien, my kind!

Die storie van Rooikappie is vir ons almal bekend. Ek onthou nog die verhaal van die dogtertjie met die rookapppie wat by Ouma wou gaan kuier. Dit was egter meer as ‘n kuier en te midde van die mooi kleurvolle verhaal was daar ook die skaduwee van die wolf wat sy sin wou kry. Ek herinner my aan die woorde van Rooikappie waarin sy vir die wolf vra: “Hoekom is ouma se oe so groot?” Dan kom die antwoord: “Om ver of goed te kan sien, my kind!” Skielik het die woorde in my gedagtes vasgesteek en onwillekeurig het my dit in my kop verander. Ek het die vraag van Rooikappie herhaal net met ‘n ander antwoord nl: “Om verder te kan sien, my kind!”.

Tibane in sy boek “Mastering your thoughts”, beskryf die proses van...

Lees verder: Om verder te kan sien, my kind!

Lewenswaarheid 1

lessonsEk is verveeld.

“Ag, pa wat kan ek doen, ek is so verveeld!” Dit is gewoonlik die woorde van my kinders in die middel van ‘n langvakansie. Hierdie woorde het my nogal laat dink aan die wereld waarin ons leef. Ons leef vinnig, antwoorde moet gou gegee word en ons wil graag besig wees. Tog, is dit belangrik om soms stil te word en jou oor te gee aan die verveelde oomblikke van die lewe. Dit is daardie “niks” doen oomblikke. Jy sit of le net en luister na die voels in die bome voor in die tuin of die stilte van die dag wat oor jou spoel. Jy doen net mooi niks en jy dink ook aan niks. As jy vir jou sulke tye skep, word dit mettertyd tye van vrede. Ons angstige oomblikke is soms net gekoppel aan ons behoefte aan vermaak en ‘n besige leefstyl...

Lees verder: Lewenswaarheid 1

Om te verstaan!

verstaanStephen Covey skryf oor die begrip in sy baie bekende boek “Seven habits of highly effective people.” Die inhoud setel hoofsaaklik rondom die verstaan van ander, sodat ek myself weer beter kan verstaan. Uiteindelik maak dit nie alles sin nie, maar wat sin maak is dat die lewe en verhoudings se positiewe inhoud gebou is op die begrip “verstaan.”

Dit gaan oor die verstaan van ander se agtergrond, wat vir hulle belangrik is en hoekom hulle sekere keuses en besluite maak. Kommunikasie koppel aan die verstaan van ‘n boodskape en ‘n persoon se leefwereld. Hierdie verstaan gaan oor luister voor jy reageer. Dit is om weg te beweeg van ‘n waarde-oordeel oor ander (wie nou reg of verkeerd is!), maar om net te verstaan wat elke persoon se en waarom...

Lees verder: Om te verstaan!