Jou en my storie!

Wolraad2202Die lewe is vol stories en verhale. Ek het nog groot geword met die verhale van Racheltjie de Beer, Wolraad Woltemade en die bekende Grimm broers se jeugverhale. Ek was veral ook baie lief vir die Trompie-stories en die fotoverhaal boekies wat as ;n groot euwel beskou was. Stories het my aangegryp en ek het besef dat buiten die gewone stories, ek en jy ook elkeen verhale van ons eie het. Hierdie stories vertel dikwels iets van jouself en die wereld waarin jy groot geword het.

‘n Mens sou die verhale ook beskryf as oomblikke waar ek en jy iets wat in ons lewe gebeur het veral met mense deel wat ons kan vertrou. Hierdie deel van jouself met ander behels die volgende:

  • Deel met iemand jou storie van seer en van mooi veral deur antwoorde...

Lees verder: Jou en my storie!

Die huwelik en egskeiding

marriage1502Die afgelope aantal jare het verskeie mense my in my spreekkamer kom sien met die seer van egskeiding of ‘n dreigende egskeiding. Dikwels was die krake in die huwelik van die begin af sigbaar, ander kere het dit alhoe slegter gegaan in die verhouding. Wat opvallend is, is dat die verhale van seer in huwelike nie geisoleerde stories is nie, maar die verhaal is van baie egpare.

Dit het my egter weer laat dink oor die redes vir die tendens.

‘n Rede kan moontlik wees dat ons nie behoorlik voorbereid is op die belangrike stap in ons lewe nie. Ons het soms die idée dat die huwelik ‘n besluit is wat op die ingewing van die oomblik geneem word.

Ons trou in die verliefdheids fase. Ons is so verlief dat ons nie besef dat my maat anders is nie...

Lees verder: Die huwelik en egskeiding

Om te vergewe!

forgivenessOns almal is soms skuldig aan opmerkings wat ons liefs nie moes maak teenoor iemand anders nie. Ons kies soms ons woorde verkeerd of ons doen iets wat iemand anders baie seer maak of die harnas injaag. In die lewe gaan dit dan nie oor die persoon wat iets gedoen het nie, maar eerder oor die manier waarop ek en jy op die woorde reageer.

Vergifnis is dan ook ‘n manier waarop ek en jy kan reageer op dit wat iemand gese of gedoen het. Vergifnis bly jou en my keuse.

Vergifnis en die manier waarop ek en jy mense vergewe is by elke mens verskillend, maar uiteindelik gaan dit daaroor dat jy self weer met jou lewe kan aangaan sonder bagasie of bitterheid. Vergifnis is ook ‘n optrede wat vir elke mense in verskillende tydsraamwerke plaasvind...

Lees verder: Om te vergewe!

Om Sepies te kyk!

soap-opera0402Ek lees die afgelope week ‘n artikel in die tydskrif Psychologies. Die artikel is gebasseer op die studie van ‘n Dr Dara Greenwood in Amerika en dit het die effek wat “soap operas” het op mense se lewe bestudeer. Onmiddelik het ek teruggedink aan die sepies wat ek so getrou gevolg het. Bold and Beautiful en Santa Barbara.. Dr Greenwood het gefokus op vroue wat gereeld sepies kyk se bestaande verhoudings en hulle bewondering van vroue karakters in die sepies. Die volgende was baie interresant:

  • Mense wat gereeld sepies kyk het ‘n voortdurende behoefte om deur hulle huweliksmaat of verhoudingsmaat verseker te word van hulle omgee en liefde.
  • Hulle het ook ‘n ideale prentjie begin vorm van hulle gunsteling karakters in die sepie en dit...

Lees verder: Om Sepies te kyk!

Gesegdes uit Spreuke

Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program