Om iets te skryf!

Die tyd waarin ons leef is ‘n tyd waarin pen en papier nie meer ons lewe oorheers nie. In vandag se tyd is ‘n rekenaar en sleutelbord, ‘n selfoon, “blogs” en facebook inskrywings Op een of ander manier het ons die behoefte om met woorde sin te maak van ons lewe net so bietjie na die tegnologie geskuif, maar ons wil graag woorde en gedagtes sien leef. Om iets te skryf behels ons hele wese. D

ie sleutelbord en selfoon, die pen en papier word ‘n verlengstuk van jou en my bestaan. Ons skryf nie net nie, maar in die woorde leef ons emosies en gedagtes. Dit is ‘n deel van jou lewe wat jy met ander deel. Selfs in die nota en kaartjie wat jy skryf, die rekening en die afkondigings by die werk. So is dit ook belangrik om jou diepste gevoelens soms...

Lees verder: Om iets te skryf!

Om mekaar te hoor en te verstaan!

In my spreekkamer hoor ek dikwels die woorde, die mense naby aan my verstaan my nie, hulle hoor my nie reg nie. Het jy al ook so gevoel? Dit is so moedeloosheid, mense se skouers hang sommer as hulle van hulle verhoudings begin praat. Ons leef in ‘n wereld wat ons almal soms by mekaar verby leef.

Ons trou en aanvaar alles gaan altyd voor die wind. Ons is verlief voor ons trou en wil die verliefdheid laat voortduur en verloor later sommer moed as ons die ervaring kry dat my lewensmaat my nie meer hoor nie. Ek deel vandag met jou die ongelooflike mooi beginseal van validering. Dit is die tegniek van terugspieel, dit wat jy hoor en dit wat jy by die ander persoon sien. Woorde soos: “ek het jou lippe sien bewe toe jy met my gepraat het”, “ek...

Lees verder: Om mekaar te hoor en te verstaan!

Om te verdwaal

In die meeste inkopiesentrums in ons wereld is daar die beste uitvindsel ooit. Dit is gewoonlik so op strategiese plekke in die senstrum end it is ‘n rekenaarskerm met die kaart van die sentrum. Al die winkels is daar op aangedui met ook die ingang en uitgang. Die punt waar die kaart opgerig is, word aangedui met die woorde: “you are here”. Dit is veral van hulp waar jy agterkom dat jy verdwaal of jy soek ‘n spesifieke plek. Die beginsel is: “We need to know where we are now. And in order to know where we are now, we need to know where we have come from.” Dit is om jou verlede te verstaan en terug te kyk. Die oomblik as jy dit doen, begin die lewe en jou optrede nou vir jou en my sin maak. Jy verdwaal dan nie sommer in die dinge wat jy nie...

Lees verder: Om te verdwaal

Om vir iemand om te gee!

Om vir iemand om te gee!

Die grootste opdrag sekerlik vir ons in die samelewing is om iewers op een of ander wyse vir iemand om te gee. Hierdie omgee is ‘n omgee-gevoel, maar dit is ook om jou in iemand anders se skoene te plaas. Dit is om iemand anders se seer as ‘n werklikheid vir die spesifieke persoon raak te sien en te beleef. Dit is die oomblik wat jy jou hart vir iemand anders oopmaak en die ander een in sy haar omstandighede begin verstaan. Hierdie “omgee” groei met tyd en dit behels ‘n besluit en ‘n aksie. Dit kan beteken dat jy ‘n sekere saak finansieel ondersteun of jy deel net ‘n vriendelike glimlag. Dit is om iets te doen en ‘n verskil te maak in iemand se lewe. Moeder Teresa het mense voortdurend aan die volgende herinner...

Lees verder: Om vir iemand om te gee!