Leef nou!

Leef nou!

Leef nou- hoor ek die woorde van Dr Carel Lombaard in my gedagtes. Woorde wat ek soms nie verstaan het nie, maar mettertyd het dit vir my sin begin maak. Ek het besef dat dinge in die verlede en bekommernisse oor die toekoms my lewensgeluk en vrede gesteel het. Uiteindelik het ek tot die slotsom gekom dat die hede en om in die hede te leef belangrik is vir my lewensvreugde en blysdkap. Ek het die bekommernisse in my lewe begin uitdaag en dit met nuwe gedagtes en inhoude begin vul. Ek het teruggekyk op my verlede en die tye gesien wat die bekommernisse nooit waar geword het nie. Ek het ook besef dat hoe meer ek aan die verlede vasgehou het, hoe meer het ek die negatiewe gebeure lewendig gehou. Op een of ander wyse moes ek afskeid...

Lees verder: Leef nou!

Om verantwoordelikheid te neem!

 Om verantwoordelikheid te neem!

Die grootste uitdaging vir elke mens is sekerlik om nie voortdurend afhanklik te wees van die goedkeuring van ander mense nie. Lof en om iemand die skuld te gee vir elke ding wat mag skeef loop isdeel van die lewe. Selfs wanneer 55% mense jou goedkeur is daar altyd 45% ander mense wat nie noodwendig jou optrede goedkeur nie. Die muntstuk het altyd twee kante. Selfs in ‘n gesin en familie is die persentasie mense wat jou optrede goedkeur en ondersteun nie veel ander nie. Die waarheid is dat almal van ons verskillende idees en persepsies oor die lewe het. Ons word ook dikwels kwaad en gefrustreerd omdat almal ons nie ondersteun en altyd ons optrede goedkeur nie. Ons raak moedeloos as almal nie altyd van...

Lees verder: Om verantwoordelikheid te neem!

Seergemaak en ongelukkig.

Seergemaak en ongelukkig.

Die meeste van ons kan getuig van seermaak tye en mense se afbreek van ons as persoon. Om daaraan vas te hou bring bitterheid en onvrede. Die oomblik wat ons die beginsel van “let go” van ons seer, begin toepas, kom daar heling. Hierdie heling hang dan ook die meeste tye van jou self af, jou eie optrede. Om iemand te vergewe begin by jou. Om aan iemand anders te se dat jy jammer is, is die eerste tree wat jy kan gee vir heling. Jy is die enigste persoon wat ‘n verskil kan maak aan die verhouding. So jammer dat ons ook dikwels verval in ‘n skuldverplasing. Ons luister na mekaar, maar dan is daar geen verskoning nie, ons gee maar net weer die ander een die skuld. Jy is die enigste een wat eerste moet uitreik...

Lees verder: Seergemaak en ongelukkig.

Glimlag vir ander!

Glimlag vir ander!

Het jy agtergekom hoe min oogkontak ons maak met vreemde mense? Dit is kompleet asof ons bang is vir hulle. Wat maak dat ons versigtig is om ons omgee en diepste wese met ander te deel? Wat maak dat ons nie meer eers vir mekaar in die gange van die lewe glimlag nie? Ek het nie al die antwoorde nie, maar wat ek wel weet is dat ons benadering van mense en veral ook vreemde mense gekoppel is aan ons vlak van lewensgeluk. Hoe meer jy frons en jou vriendelikheid wegsteek, hoe meer verloor jy die geleentheid om iemand anders te leer ken. Hiermee ontken ek nie die beginsel van’n introvertiese persoonlikheid nie. Nee, as jy ander met deernis en ‘n glimlag hanteer, sal jy sien hoe ander se siening van jou ook verander. Die...

Lees verder: Glimlag vir ander!

Gesegdes uit Spreuke

Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program