Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Sorg en Omgee

Die Werkskeppings Fokusgroep is ’n afdeling van die Klipkerk Sorg en Omgee Groep en bearbei hom om werkskepping en opleiding aan soveel moontlik mense wat dit benodig te verskaf
Aksies en Mikpunte :
  • Om werksbehoeftiges te ondersteun deur onder meer:
  • interaktiewe databasis en bemarking van beskikbare dienste
  • skep van netwerk-geleenthede
  • entrepreneurskap aan te moedig
  • werks- en beroeps voorbereiding
  • opstel en verspreiding van Cv’s (koerant en internet advertensies)
  • opleiding te verskaf (bv. handvaardighede en rekenaargeletterdheid)
  • deurlopende motivering en betrokkenheid
Die werkskeppingsbeen verskaf ’n diens aan persone wat nie elke dag toegang het tot die gedrukte media of internet het nie. Hul Curriculum Vitae word op databasis geplaas en elke dag word die gedrukte media en internet geraadpleeg om beskikbare poste met moontlike kandidate te verbind. Dit word gedoen deur CV’s te faks en te e-pos namens die werksoeker en of om moontlike verbintenisse te maak tussen werksoekers en werkgewers.
Dié diens word aan almal wat belangstel gebied (nie net persone van die Klipkerk gemeente nie).
 
Die opleidingsbeen word tans gedryf deur vrywilligers wat rekenaargeletterdheids opleiding (MS Word, Excel en PowerPoint) verskaf, spesifiek met die oog op die behoeftes van die gebruiker te ontwikkel. Die opleiding bied ’n praktiese benadering om die basiese instruksies en prosedures wat nodig is om die program vrugbaar te kan gebruik in ’n kort tyd aan te leer.
 
Die opleiding is geinisieer om individue wat nie rekenaarvaardig is nie en as gevolg daarvan sukkel om permanente aanstellings te bekom te help. Sodoende word hulle vaardighede meer en verbeter en staan hulle ’n beter kans om poste te bekom en selfversorgend te wees. Opleiding is nie uitsluitlik vir persone wat ’n betrekking wil bekom nie, maar ook vir individue wat hul kennis wil opskerp.
 
Programme wat behandel word, sluit onder andere in :

Windows
Werking van die “PC”, Aktivering van progamme, Bestuur van inligting, Werk met leers en houers en nog vele meer.
 
Microsoft Word
Die Word kursus vir beginners dek items soos: Hoe om Word te begin, leêrs en dokumente, tik en verandering van teks, drukwerk en korreksies, teks opstelling, paragrawe en inkeping, tabelle, bo- en voetskrifte asook bladsy nommers.
Die gevorde sessie dek onderwerpe soos: WordArt, Prente en Grafiese voorstellings, Taalkeuse en Spelling asook internet dokumente
 
Microsoft Excel
In hierdie kurus sal die leerder kennis maak met: Hoe om die program te begin, open en sluit van werkboeke, verandering van werkskaarte, basiese formules en funksies, werkskaart opstelling, lewering van drukstukke, veelvuldige werkskaarte en ook grafieke.
 
Microsoft PowerPoint
Die materiaal wat behandel word sluit onder andere die volgende in: Hoe om te begin, lêers en dokumente, tikwerk en teks verandering, drukwerk, AutoShapes en objekte asook die animasie van skyfies.
Ons wil baie graag aan belangstellendes ook toepassing van die Pastel program bied, maar het ongelukkig nie op die oomblik vrywilligers wat bereid is om betrokke te raak nie. Persone het ook genoem dat hulle meer sou wou leer van rekenaar bou / programmering (IT-Opleiding)
 
Moets en Moenies voor en tydens werksonderhoude
Vir alle voornemende werksoekers hulp met CV en onderhoud voorbereiding. Diè klasse sal in die selfde tye as die rekenaargeletterdheids opleiding ingekorporeer word by die Klipkerk Gemeentesentrum.
 
Lewensvaardighede
Die ontwikkeling van en toerusting met lewensvaardighede. Hierdie sessies is ingestel op oorlewingsweerbaarheid te midde van die groot uitdagings en aansprake van die moderne samelewing. Dit sluit in:
  • Gesondheidsleer
  • Finansiële berading / opeleiding
  • Werksonderhoud voorbereiding
  • Basiese lewensvaardighede
  • Bemarkingsopleiding
  • Konfidensiële emosionele ondersteuning
  • Algemene Inligting
 Dié gratis sessies vind plaas van Maandae tot Donderdae vanaf 09:00 tot 10:00 en weer vanaf 17:00 tot 18:00.
Klasse word aangebied by die gemeentesentrum van die Klipkerk
Enige iemand wat werk soek, werksgeleenthede beskikbaar het, idees wil deel, betrokke wil raak, raad wil gee of opleiding kan verskaf kan ons kantoor skakel.

Die modules is ingestel op oorlewingstaktieke te midde van die groot uitdagings en aansprake van die moderne samelewing. Dit sluit in:

Openbare optrede

Konflik en krisishantering

Kultuurwaardering

Ontwikkeling van denkvaardighede en potensiaal

Leierskapvaardighede

Kommunikasievaardighede

Persoonlikheidontleding

Professionele loopbaanvoorligting

Selfverdediging

Emosionele intelligensie

Praktiese vaardighede (elektrisiteit, water en ligte en motorgebruik).

 

Kontak vir Chantel Moodie by 082 418 4239.

little_girlTswellang is 'n skool vir ±240 fisies gestremde leerlinge. Die skool bestaan uit leerlinge van graad R tot 9. 80 van hierdie kinders bly in die koshuis.


Ons doel:

  • Opvoedkundige ondersteuning,
  • Persoonlike verhoudings met die kinders op te bou,

Help asb. om die volgende in te samel:

  • Klere, skoene,
  • Ou tydskrifte en koerante,
  • Beddegoed,
  • Toiletware.

As u hierdie jaar 'n verskil wil maak kontak asb : Marileen van Heerden 079 779 0963

SoupOns Sopkombuis hervat weer DV op Donderdag, 20 Januarie om 10:00 by die Kerk. 

Die sopkombuis het nie geskuif na Woensdagoggende nie soos wat die kalender dit aandui nie.

 Ons benodig nog persone wat kan brood skenk, help sop kook, en wat kan help met die bediening van die sop en brood vanaf 10:00-10:15.

Kontak gerus vir Johan en Elize Coertze vir meer inligting.

Hierdie aksie is daarop ingestel om geleenthede te ontgin waar mense wie se fisieke nood deur Sorg & Omgee aangespreek word, ook geestelik bedien en versorg kan word.

Aksies wat as deel van geestelike versorging plaasgevind het, is soos volg.

Geestelike, opbouende en motiveringsgesprekke word met mense gevoer wanneer hulle maandeliks kospakkies kom afhaal.

Ons praat mense moed in, probeer raad gee en op persoonlike vlak geestelike gesprekke voer.

Kontak asb die kerk kantoor vir meer inligting.

Alimentasie staan onder leiding van Japie (082 775 0069) en is verantwoordelik vir die insameling van produkte, die verpakking daarvan en die uitdeel van die kospakkies aan behoeftiges wat aan Sorg & Omgee se kriteria voldoen.

Hierdie aksie staan onder leiding van Anzari Sparkham en ondersoek projekte waarin mense wat swaar kry en werkloos is, gehelp kan word om werk te kry en 'n inkomste te verdien.

Skakel Anzari vir navrae by 073 700 6255.

 Werkskepping/ Kennisgewingbord

Die kennisgewingbord wat so om en by 'n jaar gelede deur die kerkraad goedgekeur is, het sy plek gekry danksy wonderlike borgskappe en omgee vanuit die besighede in ons omgewing. Nogmaals dankie vir die mooi gesindheid! Die bord het die wonderlike voordeel dat lidmate sondae die kennisgewings kan volg veral mbt werksgeleenthede en bemarking van die aksies van Sorg en Omgee.

Betrekkings Gesoek/Aangebied

Opleiding: 'n Sentrum om mense te help opleiding kry op rekenaars is begin deur die werkskepping groep. Vir meer inligting, of as jy graag wil help, kontak asb vir Chantelle.

Lees verder: Werkskepping

Laerskool Bloemfontein

Hulp word verleen aan 39 kinders deur die volgende projekte-

  • Sweetpakke
  • Kospakkies
  • Verjaardagpartytjies
  • Komberse

As u belangstel om hulp te verleen, skakel gerus vir Alwyn by 082 568 7833.

Gladstone Jeugsorgsentrum ( Gladstoneweg 65 )

Daar is 12 kinders in die huis tussen die ouderdomme van 6 en 17 jaar (6 dogters en 6 seuns).

Ons doel vir die Gladstone Jeugsorgsentrum is om vir die kinders so ver as moontlik 'n huislike atmosfeer te skep en veilig en geliefd te laat voel.

Wat ons reeds al vir hulle gedoen het?

Lees verder: Kindersorg

DsStephanDs Stephan

Ds. Stephan van Heerden besoek bejaardes Vrydae van 09:30 tot 13:00.

Maak afsprake met hom by tel. 082 578 7840.

'n Groep onder leiding van Vanessa Van Rensburg (079 101 0732) sien ook om na die nood en behoeftes van bejaardes in die gemeente.

Vir meer inligting oor die taakgroep wat mense in rou en wat smart ervaar bedien, kontak asb die kerk kantoor (051 448 1419).

Siekebesoeke word gekoördineer deur Amanda Nel (082 651 8866, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.).

Gesegdes uit Spreuke

Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program