Deprecated: Methods with the same name as their class will not be constructors in a future version of PHP; plgContentJw_sigpro has a deprecated constructor in /usr/www/users/klipke/plugins/content/jw_sigpro/jw_sigpro.php on line 19

Leraars

willie grobler 
Dr. Wollie Grobler
051 436 4378
082 829 8718
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lewenskets - Wollie Grobler

Dr Wollie Grobler is alombekend in sy tuisstad. Wollie kom van die Oos-Kaap en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy behaal sy doktorsgraad aan die Universiteit van Unisa en spesialiseer in jeugwerk. Hy is gelegitimeerin 1982 en word beroep na sy eerste gemeente Port-Elizabeth-Noord in 1985. Daar is hy vir ongeveer 2 jaar werksaam waarna hy in 1987 beroep word na die gemeente in Durban-Suid. In 1992 ontvang hy die beroep na die gemeente Bloemfontein-Noord en tans is hy deel van die driemanskap in die gemeente.

Dr Wollie is bekend vir sy jeugwerk en sy kreatiewe eredienste. Hy is getroud met Dina en hulle is 'n bekende span in die Bloemfontein omgewing. Hy is nog steeds betrokke by die Mooigenoeg kamp vir jongmense en hou gereeld praatjies oor aktuele onderwerpe in die omgewing en skole.

Waar kom sy roeping vandaan?

In 1979 het ek tot bekering gekom en vanaf daardie datum het ek die wete gehad dat ek vir die Here in die bediening moet gaan staan. Aan die Here al die eer vir die tydperk van my studies en verder.

My roeping is in kort, dat ek toegewyd is aan die opdrag van die Here met my hele mens-wees, foute en mooi dinge. Ek weet dat die Here op sy manier my gebruik het en nog steeds gebruik om iets te vertel van sy groot genade en liefde aan alle mense in ons samelewing.

  • Hospitaalbesoeke is vir my belangrik met veral 'n tema van werklike omgee.

Wat sien hy as die kerk se grootste uitdagings?

  • dat die NG Kerk getrou aan die Bybel sal wees,
  • dat die NG Kerk leiding sal gee in die oplossing van die seer van die  lewe en dat die kerk sal hoop gee vir 'n samelewing wat soms   moedeloos raak met al die vraagstukke.

Hoe sien hy die erediens?

Die erediens is soos die Woord dit beskryf, 'n bymekaarkom van mense om die Here te eer en te vereer. In die erediens glo ek in vernuwing in die lig van die Skrif en met duidelike riglyne ten einde die klem op die Woord en op God te laat val. Sang speel 'n groot rol en die dinamiese uitdra van die Woord van die Here, deur middel van goeie skrifgefundeerde prediking, dinamiese inleiding en toepassing. Die erediens moet mense kan motiveer om die Here te loof en die Here se Woord te leef in die Wêreld daarbuite. Hier kan gebruik gemaak word van visuele hulpmiddels en getuienisse wat die klem weer op die Woord en die Here laat val. Die sentrum bly vir my: aan God die eer!

Wat is die sterkpunte van sy bediening?

  • Administrasie,  pastoraat en gesprekvoering, luistervermoë asook die uitdra van die Evangelie aan alle mense.
  • Prediking is deel van die dinamiese aksies en  dit speel 'n groot rol in die deurgee van geestelike riglyne op 'n dinamies aktuele manier.
  • Verder gaan dit oor die omgee en daar wees vir mense in hulle bepaalde omstandighede, asook besoeke en deel word van hulle drome en lewe. Ek sien myself as iemand wat in die bediening aanklank vind met my styl van bediening en prediking in die leefwêreld van lidmate werkend in 'n veranderende idioom. Van my studentedae is ek lief vir uitreik-aksies: Indiërsending, CSV-kampe en stranddienste.
  • Ek probeer 'n fikse leefstyl handhaaf  en draf gereeld.
  • Jeug
  • Selgroepbediening
  • Ek is lief vir die Here!

Hoe sien hy sy pastorale rol?

Pastoraal het ek 'n passie vir die omgee van mense in die samelewing. In die gemeente het ek spontane verhoudings en kontak met mense in alle  ouderdomsgroepe. Ek leef vir die omgee en daar-wees vir mense in die vrae van die lewe. Hiervan getuig my M.Th. wat ek voltooi het in pastorale terapie en ook my verdere betrokkenheid by die pastoraat.

Gesegdes uit Spreuke

Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

Eredienstye

Gesinsdiens
09:00 in Sentrum

Oggenddiens
10:00 in Kerk

Aanddiens
18:00 in Kerk

Kleuterklippie
09:00 in kamer 21 vir 3-6 jariges

Aksie 60 + Program