Ons nooi jou uit om ons eredienste by te woon, deel te word van ons aktiwiteite, en saam met ons die vreugde van ons Christen geloof te ervaar.

Hetsy jy ‘n langtermynlid is of iemand wat vir die eerste keer by ons inloer, jy is by die Klipkerk baie welkom!

“Net soos die liggaam ʼn eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop.” 1 Kor. 12:12-27